NRC Handelsblad

Voorblad van die 10 Mei 1940-uitgawe van die Algemeen Handelsblad.
'n Paar manne sit en lees die Algemeen Handelsblad
'n Byvoegsel uit 1898 met Prinses Wilhelmina en haar vader

NRC Handelsblad, dikwels afgekort as NRC, is 'n Nederlandse dagblad wat gepubliseer word deur NRC Media. Dit word algemeen beskou as Nederland se "koerant van rekord".

Die NRC Handelsblad is die eerste keer op 1 Oktober 1970 gepubliseer, na die samesmelting van die Amsterdamse koerant Algemeen Handelsblad (In 1828 gestig deur J.W. van den Biesen) en die Rotterdamse Nieuwe Rotterdamsche Courant (In 1844 gestig deur Henricus Nijgh).[1] Die koerant se slagspreuk is Lux et Libertas – Lig (verwysende na die Verligting) en Vryheid.

In Februarie 2006 het NRC Handelsblad met 'n oggendblad genaamd nrc•next begin om meer belese lesers te lok wat nie elke dag 'n koerant lees nie. Folkert Jensma is op 12 Desember 2006 deur Birgit Donker as redakteur opgevolg. [2] Na 'n dispuut met die nuwe eienaars het Donker op 26 April 2010 bedank. [3] Sy is vervang deur Peter Vandermeersch. [4]

In 2014 was die NRC se oplaag 188,500 eksemplare, wat dit in die 4de plek geplaas het. [5]

In 2015 is die NRC Media-groep deur die Belgiese maatskappy Mediahuis aangeskaf.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named cordula
  2. NRC Handelsblad 12 December 2006 page 21 Tegenwicht aan Trivialisering: Birgit Donker benoemd tot hoofdredacteur van NRC Handelsblad
    "Birgit Donker is de nieuwe hoofdredacteur van NRC Handelsblad, nrc.next en nrc.nl. De raad van bestuur van PCM heeft haar vandaag benoemd.
    Rotterdam, 12 Desember Birgit Donker (41) is de opvolger van Folkert Jensma als hoofdredacteur van NRC Handelsblad."
  3. Wilco Dekker (26 April 2010). "Donker na conflict weg als hoofdredacteur NRC". de Volkskrant. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2010.
  4. "Peter Vandermeersch hoofdredacteur NRC". Trouw. 29 Junie 2010. Besoek op 12 Januarie 2020.
  5. "Circulation figures". HOI, Institute for Media Auditing. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2014. Besoek op 22 September 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy